Ons is ‘n klein groepie vrywilligers wat deur ‘n Goddelike opdrag van medemenslikheid, hulpvaardigheid en barmhartigheid gedryf word.
WAARVOOR KAN ONS BID
Wie Word Deur Ons Bedien?
Indiwidue of gesinne wat weens omstandighede krisistye beleef en wat afhanklik is van die dienste wat ons lewer.
HOE KAN ONS HELP
Wat Is Ons Doel?
Ons wil in die fisiese en emosionele behoeftes van ons kliënte voorsien om daardeur die liefde van Jesus sigbaar te maak. Ons wil met Jesusliefde dien en koester om sodoende vir mense hoop te gee en hul menswaardigheid te herstel.
HOE KAN ONS HELP
Wat Doen Ons?
KOSKAS: Ontvang, koop grootmaat aan, verpak en gee maandeliks kruideniersware, toiletware, skoonmaakmiddels, vars vrugte en groente, asook vleis vir ons kliënte.
KLEREKAS: Ons sorteer dit wat ons ontvang en pak dit wat ons kan gebruik in die klerekas. Die surplus word afgevoer na ander instansies en inisiatiewe soos bv. Sizabantwana. Hier is ons totaal en al afhanklik van skenkings.
KERSBOOM VIR BEJAARDES: Hierdie projek word in samewerking met ‘n instansie in Nelspruit gedryf deur ‘n vrywilliger. Spesiale bederfies word ingesamel om oor die Kerstyd aan behoeftige bejaardes te voorsien.
BEERTJIE- / SPEELGOEDPROJEK: Sagte speelgoed word op Kersdag aan pasiënte en die personeel van Sabie Hospitaal oorhandig. Ander speelgoed gaan na Sizabantwana.
VERJAARSDAGGESKENKE VIR KOSKASKLIëNTE: Elke persoon kry op kosdag in die maand waarin hulle verjaar, ‘n geskenkie.
KERSFUNKSIE VIR KOSKASKLIëNTE: Hulle word bederf met ‘n ete en geskenkies.
PINKSTER KOMBERSPROJEK: Tydens Pinksterweek samel ons komberse in vir die koskaskliënte Die oorskot word na goeddunke onder ander behoeftiges versprei.
BARMHARTIGHEIDSDAG: Samel “cupcakes”, mussies, beertjies ens in vir die VIGS wesies van Sizabantwana.
UITREIK NA RUSTIG OUETEHUIS: Dit word in samewerking met die Bybelstudiegroepe gedoen.
ONTWIKKELING VAN ONS KLIëNTE: Geestelike- en motiveringspraatjies word op ‘n maandelikse basis, op kosdag, deur Ds Ingrid gelewer.
WERK NOU SAAM MET DIE MAATSKAPLIKE WERKER VAN CMR: Dit is soms nodig om mense vir professionele dienste te verwys. Ander tye het ons net raad nodig.
JOU EMOSIONELE ONDERSTEUNING: Soms moet ons arms ook omhoog gehou word.
JOU FISIESE BETROKKENHEID: Ekstra hande is altyd welkom.
JOU FINANSIëLE BYSTAND: Daarsonder sal ons nie ons doelwitte kan bereik nie.
SKENKINGS: Kruideniersware, skoonmaakmiddels, toiletware, vars vrugte en groente, vleis, klere, beddegoed, kombuisware, ens. Enige bruikbare artikels is welkom.
Deur my voorbeeld het ek in elke opsig vir julle gewys dat ons hard moet werk sodat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: “Om te gee, maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang.”